Update
MOSSELBAAI NUUS - Aanvanklik is in die media berig dat geen leerders ernstig beseer is ná 'n busongeluk op Maandag, 19 Junie, wat leerders van Albertinia terug na Vleesbaai vervoer het.
Die ongeluk het buite Gouritsmond plaasgevind nadat 'n band van die bus vermoedelik gebars het.
Die beseerde leerders is na hospitale op Mosselbaai en Riversdal vervoer met inligting aan die media dat daar geen ernstige beserings was nie.
Een van die leerders, Joline Isaacs (18), het egter 'n paar werwels in die middel van haar rug gebreek. Haar ma, Santania, het aan die Mossel Bay Advertiser gesê dat Joline vir ses weke in die bed moet wees en dat hulle eers die einde Julie terug moet gaan om 'n geneesheer by die George Provinsiale Hospitaal te gaan spreek.
Arthur Cloete, 'n gemeenskapsleier van Vleesbaai, is nadat hy van die ongeluk te hore gekom het, dadelik na die toneel waar hy leerders bygestaan het om ouers te kontak en om terugvoer oor die leerders se toestand te gee.
Volgens Cloete is die toesighouer op die bus deur die voorste ruit van die bus maar het gelukkig nie ernstige beserings opgedoen nie.
Die bus het van die pad geloop en teen 'n heining tot stilstand gekom nadat die band volgens alle aanduidings gebars het.
Vorige artrikel: Kinders ontslaan na busongeluk
Die bus se voorkant na die ongeluk op 19 Junie. regs: Joline Isaacs (18), word hier op die toneel van die busongeluk op die draagbaar vasgemaak.
Die bus se voorkant na die ongeluk op 19 Junie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’