HARTENBOS NUUS - Laerskool Hartenbos het op Dinsdag 25 November 'n spesiale ontbyt vir plaaslike sakeondernemings en individue by Salt & Copper in Hartenbos aangebied om dankie te sê vir hul borgskappe wat tot die skool se sukses bygedra het.
Die skoolhoof, Werner van Huyssteen, het die verskillende maniere uitgelig waarop die skool goed deur die jaar in akademie, sport en kultuur presteer het, en gesê dit is deur die gaste se bydraes moontlik gemaak.
Louis Swanepoel en Macailyn Fraser, die skool se hoofseun en -meisie, het ook 'n woord van dank gespreek.
"Julle ondersteuning beteken meer as net finansieel," het hulle gesê. "Jy is deel van elke storie."
Die ontbyt was 'n spesiale manier om die skool se borge te bedank. Foto: Gabriélla Siebritz
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’