Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die ATKV Langsoustak het 'n verskil op van die nodigste plekke gemaak - by Sunbeam-crèche.
Die tak het 'n skenking van opvoedkundige speelgoed soos legkaarte, kryte, klei en dies meer gemaak om die kleuterskool se hand te sterk.
"Hierdie kleuterskooltjie is 'n integrale deel van die D'Almeida-gemeenskap se geskiedenis en erfenis. Die ATKV is 'n organisasie wat dit ten doel stel om kultuur en erfenis te beskerm en te bevorder," het die takvoorsitter, Claire du Plessis verduidelik.
Hierdie instelling het erg onder inbrake en vandalisme deurgeloop tydens grendeltyd.
"Hulle het na ons uitgereik om hulle te ondersteun om weer op die been te kom." Die tak het ook gehelp dat die kleuterskool 'n rekenaar bekom. Een van die taklede gaan help om die kleuterskool se gras te sny.
"Ons wil ook kyk om te help om hulle sekuriteit en beveiliging te bevorder."
Enigiemand wat belangstel om deel te word van die tak of wat wil aansoek doen om ATKV-lidmaatskap, kontak Claire du Plessis (079 497 6156 of ciduples@gmail.com).
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'