MOSSELBAAI NUUS - Die Wes-Kaapse Drankowerheid het 'n kuierplek in KwaNonqaba met R150 000 beboet.
Adjunkdirekteur van die Wes-Kaapse Drankowerheid, Phillip Prinsloo sê die boete wat aan die Mauritus Tavern opgelê is, is intussen opgeskort na R100 000. "Indien hulle weer oortree, sal die R50 000 betaalbaar wees."
Volgens Prinsloo het die owerheid die boete op Woensdag, 13 Maart opgelê. "Daar was verskeie oortedings op die perseel. Dit sluit in na-ure se handeldryf, harde musiek wat gepla het, drank wat verkoop is en van die perseel weggeneem is, asook strukturele veranderinge wat aangebring is sonder toestemming."
Prinsloo sê besigheidseienaars moet bewus wees daarvan dat die drankowerheid nie ongerymdhede sal duld nie. "Ons volg klagtes op en ons verwag dat die besigheidseienaars hulle ooreenkomste sal nakom."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'