HARTENBOS NUUS - Sommige van Laerskool Hartenbos se leerders is gekies om in verskeie SWD-kriekettoernooie deel te neem.
Wihan Reyneke is vir die o. 15- SWD-krieketspan gekies en sal vanaf 5 tot 7 Desember aan die streekstoernooi in Oudtshoorn deelneem.
Juandré Smithers, Tiaan Smuts, Liam Delport en DeWet Naudé is vir die o. 13- SWD-krieketspan gekies en sal van 11 tot 13 Desember daar deelneem.
Juandré is weer vir die SWD se o. 14- binnenshuise krieketspan gekies, asook Nathan Rod-rigues en Christiaan Krugel.
Hulle sal vanaf 29 Maart tot 4 April aan die pro-vinsiale toernooi in Boksburg deelneem.
Christiaan Krugel, Juandré Smithers en Nathan Rodrigues.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’