Update
MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai NG gemeentes vra inwoners van Mosselbaai om op Sondag 11 Januarie saam vir die dorp te bid vir herstel, beskerming, hoop en reën.
“Met die ramp wat ons dorp getref het hierdie week met die brande, is ons as kerk diep geraak om by te dra tot hulpverlening. Ons sien hoe ‘n gemeenskap hande vat in krissistye en almal ook die hartseer en verlies van gesinne wat huise verloor het ervaar,” sê ds Pierrie Kies.
Die geleentheid vind by die ATKV Amfiteater om 18:00 plaas.
Intussen het die NG Gemeentes in Mosselbaai ‘n nood- en rampfonds op die been gebring.

“Ons wil graag ‘n geleentheid skep om die gemeenskap saam te kry: om ‘n gebedsgeleentheid te hou waar ons as gemeenskap saam kan bid vir die ramp en ook die geweldige droogte wat ons tans in die Suid-Kaap ervaar.”
Die fondse wat ingesamel word, word in oorleg met die Mosselbaai Munisipaliteit se fondse afdeling en ander welwillendheidsorganisasies betrokke aangewend.
Mense kan Sondagaand ‘n kampstoel of kombers bring om op te sit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’