MOSSELBAAI NUUS - Die polisie op Mosselbaai doen 'n beroep op die publiek om na vore te kom met inligting aangaande 'n rooftog in Marshstraat.
Die voorval het op Saterdag, 5 Oktober plaasgevind toe 'n man en sy vrouekollega in die vroeë oggendure van Saterdag in dié straat beroof is.
Volgens die polisiewoordvoerder, ao Pieter Koekemoer het die man en vrou om ongeveer 02:00 in 'n voertuig gesit oorkant die Standard Bank se OTM. "Twee verdagtes het die voertuig se deure oopgeruk en die man met 'n mes in die arm gesteek."
Die verdagtes het toe die slagoffers se selfone geroof en ook die vrou se trouring van haar vinger afgehaal voordat hulle weggehardloop het. Enigeen met inligting word versoek om die ondersoekbeampte, sers Du Plooy te kontak (061 159 6146).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'