KLEIN-BRAKRIVIER NUUS - Die VLV Klein-Brakrivier nooi graag alle vroue na sy eerste geleentheid vir 2026 op Dinsdag 27 Januarie.
Vind hiér uit wat vir die jaar beplan word, of kuier sommer net lekker saam.
Die kleur van die dag, as jy wil saamspeel, is rooi en swart. Ds. Charné Viljoen sal die gasspreker wees.
Bring jou bril, dagboek, kleingeld en vrolike self saam vir 'n dag van lekker lootjies en kuier. Die geleentheid begin om 10:00 vir 10:30 stiptelik, by die Reebok-gemeenskapsaal.
Die koste vir gaste is R30 per persoon en dit sluit koffie, tee en verversings in. Bevestig jou stoel by Ansie by 084 500 0389.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’