KLEIN-BRAKRIVIER NUUS - Klein-Brakrivier VLV-tak nooi alle lede, oud-lede en gaste om op Dinsdag, 28 Maart vanaf 10:30 saam te kom kuier in die Reebok-gemeenskapsaal.
Soos altyd is daar ‘n propvol program wat op die lede en gaste wag. Hierdie maand, onder die kuns- en handvlyt portefeulje, word ‘n papier-maak demonstrasie aangebied.
Daar gaan ook behoorlik met die tak se Simply the Best-trofee gespog word.
Dit is 'n voorreg om naby die see te woon en die 28ste se byeekoms het 'n see-tema.
Dit sal dus goed wees as almal vrolik kan deelneem deur kleredrag in skakering van blou/wit te kies.
Gemeenskapsprojekte
Die Vroue Landbou Vereniging (VLV) fokus op die bevordering van kennis en vaardighede vir lede en gaste, asook ondersteuning en bydraes aan die gemeenskap.
Die gemeenskapsprojekte wat hierdie jaar ondersteun word is Helpende Hand se Help Jannie-projek, die deurlopende Sweetheart Foundation se proppies en broodknippies rolstoel-projek, asook skenkings vir die Dierebeskermingsvereniging (DBV) en die insameling van handsakke en brille vir plaaslike versorgingsoorde vir bejaardes.
Persone wat die 28ste se byeekoms bywoon word versoek, om indien moontlik, ‘n roll-on / deodorant saam te neem vir die Help Jannie-projek.
Die 28ste se bywoningkoste vir gaste is R40 wat smaaklike eet- en drinkgoed insluit.
Vir enige navrae oor Klein-Brakrivier VLV se doen-en-late, om aan te sluit of om bywoning te bevestig, kontak vir Lynette (083 448 5548) of Retha (063 797 4695).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’