Update
TUINROETE NUUS - Volgens kaptein Wollie Fourie word verskeie klagtes van bedrog teen 'n troubeplanner wat bruide glo nie net in Mosselbaai ingeloop het nie, deur die Da Gamaskop-polisie ondersoek.
Fourie berig dat soortgelyke sake ook in Oudsthoorn en George aanhangig gemaak is.
"Die bedrae ter sprake beloop honderde duisende rand. Die polisie is besig om al die klagtes volledig te ondersoek en dit sal kollektief voor die hof dien."
Die Mossel Bay Advertiser en sy susterskoerant, George Herald het onlangs berig oor etlike bruide wat 'n bloutjie geloop het nadat hulle depositos aan 'n troubeplanner betaal het met om uit te vind dat geen van die dienste waarvoor hulle betaal het, gelewer is nie.
"Die polisie versoek enige persoon met verdere klagtes of inligting om kontak met kapt Carel Cornelius wat die ondersoek hanteer, te maak," sê Fourie. Cornelius se kontaknommer is 079 879 9003.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'