MOSSELBAAI NUUS - Volgens die hoof van Mosselbaai se Brand en Rampbestuursdienste, mnr Joe Johnston, het nooddienste vroegoggend reageer nadat 'n berig ontvang is dat kinders op rotse in die see vasgekeer is.
Nooddienste het die gebied tussen De Bakke en Santosstrand gefynkam maar kon geen sodanige voorval opspoor nie.
Heelwat nuuskieriges het egter op die toneel saamgedrom nadat nooddiensvoertuie opgemerk is.
Nuuskierige mense drom saam op die toneel.
FOTO'S: HANNES VISSER
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'