Update
MOSSELBAAI NUUS - 'n 25-jarige inwoner van Da Nova in wie se besit eksplisiete kinderpornografie gevind is, sal na verwagting vandag ‘n pleitooreenkoms met die Staat aangaan.
Die man verskyn vanoggend in die Mosselbaai-streekhof en is sedert 2 Februarie in aanhouding nadat meer as 48 foto's, wat meestal dade met kleutermeisies wys, op sy selfoon gevind is.
Borgtog is tydens 'n vorige hofverskyning aan die verdagte, wat saam met sy ouers woon, geweier.
Die identiteit van die verdagte mag nie bekend gemaak word tot hy formeel gepleit het nie.
Vorige artikels:
- 'Alles kan deesdae aanlyn bestel en afgelewer word, kinders insluitend'
- Kinderpornografie 'uitsonderlik grusaam'
- 1,2 miljoen foto's op kinderporno verdagte se toestelle moet nagegaan word
- Kinderpornografie: 2 aparte sake in die hof
- Kinderporno-verdagte staar reeds 44 aanklagte in die gesig
- Mosselbaaier vas in Internasionale Kinderporno-ondersoek
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’