MOSSELBAAI NUUS - Wat is nou meer sinoniem met 'n familie-ervaring as 'n heerlike paar dae van kampering?
Die Garden Route Family Experiences het presies dit gebied.
Nie net bring dié kampopsie jou nader aan al die aksie en pret nie, maar dit gee jou ook die geleentheid om nader aan die natuur te kom.
Behalwe jou standaardkampfasiliteite is daar ook sekuriteit, 'n fietsbaan, die Kids Zone en splinternuwe ablusiegeriewe.
Daar is ook elektrisiteit vir jou gerieflikheid.
Of jy nou deur die stalletjies loop en die heerlike kos geniet óf die adrenalienbelaaide aktiwiteite uitsoek, jy kan hiér nie verkeerd gaan nie!
Kry jou kaartjies op Quicket.
Kry meer inligting en die program by Garden Route Family Experiences.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’