MOSSELBAAI NUUS - Die maandelikse vergadering van die Mosselbaai-kameraklub het Woensdag, 21 Mei, plaasgevind en die klub se nuutste wenners is aangekondig.
Dit was ’n reusevoorreg vir die klub om vir Evelyn Gibson, skakelbeampte van die Fotografievereniging van Suid-Afrika, as seniormeesterlid van die klub te verwelkom, sê die klubvoorsitter, Anton la Grange.
“Ons was ook baie bevoorreg om vir Alan King, die voorsitter van die Knysna Photographic Society, as besoeker by ons te verwelkom.”
Die klublede ding maandeliks mee in nege kategorië, en die jongste uitslae was soos volg:
1. Menslike portrette: junior wenner - Rita Smith se Flute seller; senior wenners - Amanda Whiteman se Megan en Carien Kruger se The Man.
2. Natuur (geen voëls): junior wenner - Jonathan Swart se Vervet Monkey Close Up; senior wenner - Anton la Grange se Framed.
3. Natuur (slegs voëls): junior wenner - Adelle Beukes se Die hofmaakfase; senior wenner - Anton la Grange se Don’t Fight in Front of the Children.
4. Ope kleur: junior wenner - Adelle Beukes se Delicious; senior wenners - Amanda Whiteman se Curly Petals, Evelyn Gibson se Knysna Lagoon at Sunrise en Tilla Vorster se Isolated Floral Pink.
Klik hier om 'n fotogalery te sien: Kameraklub kondig sy nuutste wenners aan
5. Ope monochroom: junior wenner - Anton Mulder se Kolmanskoppe; senior wenner - Marianna Erasmus se Playing Hide and Seek. Anton la Grange se Flower Rain.
6. Fotojoernalistiek/sport/strate en reise: junior wenners - Anton Mulder se 123 Trek en Rita Smith se Market Pedicure; senior wenner - Anton la Grange se Left Alone.
7. Landskappe: junior wenner - Anton Mulder se Namib Landscape; senior wenners - Carien Kruger se The Tide Coming In en Evelyn Gibson se Bloubergstrand Cape Town.
8. Visuele kuns: junior wenner - Rita Smith se Painted Hydrangea; senior wenners - Amanda Whiteman se Birch Trees, Evelyn Gibson se V=Creative Bike Race to the Finish, Carien Kruger se Pink Glory en Anton la Grange se Flower Rain.
9. Gestelde onderwerp (die oog): junior wenners - Adelle Beukes se Taking a Closer Look en Jonathan Swart se Zebra Eye Reflection; senior wenner - Anton la Grange se Looking.
Le Grange sê: “As daar enige persone is wat ons graag sal wil besoek of net kontak, volg ons groep gerus op Facebook by ‘Mosselbaai Kameraklub’, of kontak my by 084 442 4442.”
Anton la Grange se Flower Rain.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’