MOSSELBAAI NUUS - Altesaam 51 bote en 244 hengelaars het op Saterdag 20 Desember aan die gewilde Kabeljou-derby in Mosselbaai deelgeneem.
Die kompetisie het groot belangstelling gelok en weer eens Mosselbaai se reputasie as top hengelbestemming bevestig.
Alta Terblanche het met die grootste kabeljou vir 15,69kg van die dag gespog en die eerste prys ingepalm.
Altesaam 51 bote en 244 hengelaars het aan die gewilde Cob Derby deelgeneem. Foto: Tersia Marais
Haar wenprys sluit ’n volledig betaalde visvangreis na Beira in, asook R10 000 kontant, ’n Salt Life-visbaadjie, ’n bottel heuning en ’n Rebel Hair-geskenkbewys.
Tweede plek het aan Dina van der Bank gegaan, met 'n vis van 14,51kg en in derde plek, was Danie le Roux met 'n vis van 13,78kg.
Elfie Holden, Hentie Wentzel eienaar van Orcat Marine, en die dag se wenner, Alta Terblanche. Foto: Tersia Marais
Die Kabeljou-derby was ’n groot sukses en het nie net gesonde kompetisie bevorder nie, maar ook die gemeenskapsgees en liefde vir die see gevier.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’