Gallery
MOSSEL BAY NEWS - Tydens die tweede laaste maandelikse munisipale raadsvergadering van die Mosselbaai-munisipaliteit is die junior munisipale raadslede aan die volle raad voorgestel.
Die geleentheid is ook gebruik om die junior raadslede se balkies aan hulle te oorhandig.
Die uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal het die jongmense vir hul belangstelling in die gemeenskapslewe van Mosselbaai bedank en sterkte toegewens met die uitdagings wat hul termyn as junior leiers van die dorp sal meebring.
Die speaker, raadsheer Petru Terblanche het die junior leiers stapsgewys touwys gemaak in die prosesse en prosedures van 'n raadsvergadering.
Die leiersgroep is verteenwoordigend van alle hoërskole in die groter Mosselbaai.
Die geleentheid is ook gebruik om die junior raadslede se balkies aan hulle te oorhandig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'