Yasmine het blonde hare, is 1.6m lank en slank gebou.
Haar ma het die naweek laas self met haar gepraat toe reëlings getref is dat sy eergister, Dinsdag 14 Februarie per bus na Mosselbaai sou reis. Sy het egter nie by die bus opgedaag nie. Sedertdien het Anita geen persoonlike kommunikasie met haar dogter gehad nie.
Die hulp van die Mosselbaai-polisie is ingeroep, wat met die polisie in Stellenbosch saamwerk in ‘n poging om Yasmine op te spoor.