MOSSELBAAI NUUS - Die liefde van sy vrou, Gail, se lewe, 'n steunpilaar vir sy kinders en 'n kollega met 'n sagte plek in elke lid van die Mossel Bay Advertiser-span se harte - so, en op soveel ander maniere, sal Jannie du Plessis onthou word.
Jannie is op 21 Junie by sy huis op Klein Brak aan 'n hartaanval oorlede en laat daarmee 'n groot leemte in al sy geliefdes se lewens.
Vanuit talle huldeblyke wat sedert sy dood ingestroom het, is die stempel wat hy op mense se lewens afgedruk het duidelik en een van sagmoedigheid, opregtheid en toewyding.
Jannie het graag gespot dat hy met 'n "Engelsman" getroud is.
Gail sê sy sal die dag toe hy die ja-woord gevra het, nooit vergeet nie.
"It was a really hot day in St Lucia sitting in the sand on the beach eating and you said, 'There's something between my toes and my hands are full, see if you can see what it is,' and it was my engagement ring, which you nearly lost in the sand! That was so original, just like Jannie was one of a kind. Love you always, my angel man."
Jannie se seun, Jean Louis, is dankbaar vir die goeie pa wat hy vir hom was.
"Dankie dat pa altyd daar was vir my. Dankie dat ek op pa se knoppie kon druk oor enige iets en dankie dat pa my altyd gewys het en geleer het wat reg en verkeerd is. Baie mense en familie en vriende gaan pa ongelooflik baie mis. Almal wat pa geken het en die goeie mens wat pa was... almal sal dit nooit vergeet nie. Baie, baie dankie vir alles, pa, my trots. Vir altyd baie lief vir pa."
Jannie se stiefdogter, Esther, het gekies om haar afskeid in 'n gedig aan hom oor te dra. Lees dié hartroerende gedig aan die einde van die berig.
Jannie, met sy omgee-hart, was vir sy kollegas ook eintlik soos familie. In hom het ons 'n vriend gehad wat familie geword het - die alles in een en sommer handyman ook. Die haan onder die kantoor se henne.
Hy het onder Suzette Herrer se redakteurskap by die koerant begin en was haar "Janneman" en staatmaker.
"Ai, ou Janneman, wat kan ek sê... my hart is stukkend. Jy was 'n omgee-mens, altyd daar vir elkeen van ons in die kantoor. In my swaarkrytyd was jy keer op keer daar vir my... ek gaan dit mis.
"Jy het in die vyf jaar wat jy hier op Mosselbaai was, diep spore in baie Mosselbaaiers se harte getrap, ook in jou kollegas van die ander Group Editors-koerante. Ek gaan jou rustigheid en teenwoordigheid in die kantoor baie mis. Rus sag, Janneman."
Huidige redakteur, Louise Karsten, sal Jannie se standaard oggend-mantra nooit vergeet nie.
"In die vyf jaar wat ek hom geken het, het hy bykans elke oggend by die kantoor ingestap en gese: 'Nog 'n daggie in die paradys.' Ek sal hom altyd onthou as 'n sagmoedige mens en 'n wonderlike kollega om mee saam te werk.
"Sy skryfvernuf het oor die afgelope paar jaar geweldig ontwikkel en ons het op hom staat gemaak vir die hoeveelheid inhoud wat hy weekliks kon laai. Hy het nooit teruggestaan vir enige werk nie en was 'n uitstekende fotograaf.
"Daar was net niks lelik in hom nie en hy was een van die mees lojale kollegas wat ek al in my lewe ontmoet het."
Ook in die kantoor het Jannie 'n Engelsman gehad, Linda Sparg, in wie se hart hy 'n spesiale plek gehad het.
"Jannie was extraordinary. He always downplayed his talent, but delivered the best. There was ALWAYS the 'wow' factor in his interviews, photographs and videos. He went the extra mile to produce excellence.
"He was full of empathy and helped everyone he could. He had a great sense of fairness and justice and treated everyone with kindness and respect. I'm blessed and privileged to have known him. He always said Mossel Bay was a paradise and now he is in real Paradise.
"My heart goes out to all Jannie's loved ones. May the Lord cradle you in His incredible love, comfort and peace."
Vanuit die verkope afdeling van die kantoor het Michelle Reyneke en Lobke Stocker ook net goeie herinneringe.
Michelle sê Jannie was 'n man van min woorde, maar sy dade het boekdele gespreek.
"Om saam met hom te werk met sy positiewe ingesteldheid die laaste vyf jaar was amazing. Daar was ook die lekker van 4x4's en kamera's praat. Ek sal nie vergeet hoe ek altyd vir hom 100de video's en foto's van die 4x4 ekspidisies kon stuur nie, want ek kon net nie kies. Maar hy het dit saamgestel in die mooste video's, solank ek net die skryfwerk gedoen het. Hy los 'n reuse leemte in ons harte en ons gaan hom mis!"
Lobke en Jannie het op hul beurt 'n spesiale vriendskap gevorm - hulle was altyd vroeg-vroeg eerste op kantoor.
"Ek en jy was altyd eerste op ons poste in die oggend en ons vroegoggend geselsies is iets wat ek die meeste sal mis. Jy het so sagte hart gehad en jy sal altyd 'n spesiale plek in óns harte hê."
Susan en Mina, wat elke gesig groet wat by die Advertiser-kantoor instap, sal mis om vir Jannie by die hek te sien inkom.
"Afskeid is maar 'n hartseer ding veral as iemand sulke diep spore getrap het. Ou Jannie, jy sal altyd in my hart wees, jy was elke dag dieselfde, jou sê-ding was altyd 'nog 'n dag in die paradys...' My vriend, nou is jy in dié Paradys. Rus sag en vlieg hoog," sê Susan.
Mina het op haar stil manier haar afskeidsboodskap kort en kragtig gehou: "Farewell my waterkan-man, ek gaan jou mis."
Diegene wat Jannie geken het sal weet hy het ook 'n sigaret-breuk op sy tyd geniet.
Colin Hoffmann en Linzetta Calitz, wat hierdie wegbreektydjies saam met hom geniet het, sal hom veral hiér mis.
Hoewel hy hom eintlik maar nog onlangs leer ken het, het Colin groot respek vir Jannie ontwikkel as 'n gewaardeerde kollega. "Jou bereidwilligheid om uit te help, was een van jou uitstaande kenmerke en in dié opsig het die woordjie 'nee' nie vir jou bestaan nie. Jou werkywer was ook ongekend soos jy met die onlangse Victoriastraat-tragedie in George gewys het.
"Ek wens ons kon meer tyd met mekaar spandeer, maar Donderdae was taamlik beperk wanneer ons wel kon breek vir 'n vinnige dampie om die hoek. Rus in vrede, ou grote, en mag jy sommer groot kabeljoue uithaal waar jy nou is!"
Linzetta het vir Jannie die eerste keer in die Kaap by 2023 se Forum of Community Journalists se toekennings ontmoet. Tóé het hulle al lekker gesels en geweet, wanneer sy by die span sou aansluit, sou hulle goeie rook-maatjies wees.
"Jannie, wat 'n absolute eer om hierdie huldeblyk vir jou te kon skryf en te sien watter ongelooflike rol jy in mense se lewens gespeel het, hetsy familie, vriend of kollega. Jou lessenaar agter my en jou spot om die hoek is leeg, maar gelukkig laat jy ons almal met liewe herinneringe om daardie leemtes te vul.
"Geniet jou vroeë pensioen daar Bo."
Esther se gedig:
My dear pa
Gone in a blink of an eye
I don't understand why and I still wanted to see you again and not cry
You made my world so special
You came into my life and showed me what really matters
Not money
Not things
But a father and daughter relationship and doing the smallest of things
That is what mattered
You knew how to get me to laugh if life gave me a ugly draught
You knew how to speak to me and understood my personality and that my soul was very outgoing and free
You never judged me
You helped me find the warrior inside that for long I did hide
But you saw it and no matter what you were going through
You sat by my side
And would listen to all my heart’s cries
You made me grow
Knocked my head a few times
But you knew it's a climb
And I had to dig through the sorrow
Now I'm still fighting
But inside I still can't believe you left suddenly
You were the best stepdad I ever had
Actually dad, because you were like my own blood
And when life through us with floods
You showed me to get up
You never stopped working hard
You showed life that you can
And hit it back down to the ground
You always made everyone smile
Because life is to short and all we need is to be there for each other and give that support
Fishing with you was always an adventure and doesn’t matter how cold, you still swam
While I'm watching thinking dam,
That must be freezing
But you took any moment to make life count
And it meant a lot to me since I was always planning
But life can't be planned
You go with the flow and see what comes and goes
I'll always remember your laugh and your lovely kind caring soul
It made me whole
And how you looked after everything and everyone without complaint
I thank you
And that to me was like a saint
I have so many good memories
And all of them I treasure and will never forget them forever..
Thank you for you
Now I must say goodbye
And I'll make it through
Because only you
Showed me how too
I'll be your warrior
And I won't give up
Even when life is tough
I know you watching from above and that's enough..
I love you paps
And I'll never forget what you taught me and I look up to you
One day I'll see you
But for now I'll fight, your warrior, and make it through, I'll make you proud and do this
Because of you alone I'll say it loud!!!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’