MOSSELBAAI NUUS - Die Mossel Bay Advertiser het vanoggend verskeie klagtes van inwoners in Heiderand en Asla Park ontvang oor ‘n sogenaamde sterk ‘gas’ reuk wat oor Mosselbaai hang.
Heiderand-inwoner, Veneta Claassen sê die is nie die eerste keer wat sy die reuk ruik nie.
“Dit was vanoggend so erg dat ek en my kinders, wat in Heiderand bly, naar en duislig voel en verskriklik hoofpyn het. My ander vriendin bly in 21ste Laan en kan dit ook by haar huis ruik,” sê Claassen.
Danabaai-inwoner, Theo Kotze sê hulle kry ook gereeld ‘n sterk soortgelyke reuk.
“Met ‘n virus soos Covid-19 wat respiratories is, kan hierdie tipe reuk nie goed vir ons inwoners se gesondheid wees nie.”
Die Advertiser het navrae aan verskeie instansies gerig oor wat die moontlike oorsaak van die reuk kan wees, asook waar dit vandaan kom, en wag op kommentaar.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'