MOSSELBAAI NUUS - Kom leer (en lag) oor artritis.
Dit is die uitnodiging van Vinnette Vosloo, wat ’n inligtingsessie oor hierdie siekte reël, om 10:30 vir 11:00 op 17 Mei.
Vosloo sê: “Sluit aan vir ’n gesellige praatjie vol slim wenke, praktiese raad en ’n tikkie humor.
"Of jou gewrigte kraak of jy net meer wil weet, hierdie is vir jou. Moenie dat stywe gewrigte jou terughou nie.”
Die sessie vind by Onder die Denne in Aalwyndal, buite Mosselbaai, plaas en sluit ’n middagete in.
Daar sal twee gassprekers van die Arthritus Foundation of South Africa wees en groot pryse, asook verversings beskikbaar vir kontant of kaart.
Vir meer inligting oor die geleentheid en kaartjiekostes, skakel of WhatsApp Vosloo by 082 826 4722. RSVP voor 10 Mei. Sitplekke is beperk.
Vosloo is ’n tuisversorger en gemeenskapsgesondheidswerker wat passievol oor gesondheidsbewusmaking is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’