MOSSELBAAI NUUSFLITS - Die DBV in Mosselbaai het 'n dringende behoefte aan hondekos.
Die hokke is tans vol honde en die DBV het dringend kos vir hulle nodig. Enige persoon of maatskappy wat kos kan skenk word gevra om dit na die DBV in Bill Jefferylaan te neem.
Die DBV-kantoor se kontaknommer is 044 693 0824 of kontak vir Michelle Bornman Durant by die DBV (071 252 6416).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'