MOSSELBAAI NUUS - Die Eden-fotografievereniging (EPS) se maandelikse vergadering het op 5 Augustus by die Diazhotel plaasgevind, waar die algehele wenners van Augustus se foto’s van die maand aangekondig is.
Daar is sewe kategorieë vir fotoinskrywings, naamlik menslike potrette, landskappe, natuur, fotojoernalistiek, die ope afdeling, visuele kuns en die voorgeskrewe onderwerp, wat vandeesmaand strukture in die argitektuur was.
Die senior wenner is Elizabeth Nicholson se Forest Fantasy Discovery (visuele kuns).
Sy is ook die senior naaswenner met haar Romania in die ope afdeling. Jan-Hendrik Janse van Rensburg se Aasvoël (natuur) is die junior wenner.
Fotografie-entoesiaste word aangemoedig om by die klub aan te sluit en kan Johan van Aarde by 084 760 0602 kontak.
Besoek ook die vereniging se Facebookblad, Eden Photography Society.
Sien al die fotos hier.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’