MOSSELBAAI NUUS - Solidariteit Helpende Hand se Mosselbaai-tak nooi almal uit na ’n 5 km-pretkleurloop op die Hartenbos-strand op Saterdag, 26 April.
Die Reënboog-stap by die See vind om 10:00 plaas, vanaf die Hartenbos Seefront, en die koste is R30 per persoon.
Registreer voor 09:00 by die Wimpy by die Seefront.
Helpende Hand sê die kleurloop is oop vir stappers én drawwers van alle ouderdomme.
“Bring jou gesin, vriende of kollegas en kom geniet ’n prettige, kleurvolle oggend saam met ons.”
Die doel is bewustheid oor die tak se projekte, die werwing van nuwe ondersteuners én fondsinsameling vir ’n goeie saak.
By elke kilometer wag daar helder kleurpunte wat die ervaring nóg meer vreugdevol maak.
“Moet dit nie misloop nie. Kom wees deel van die kleur, gemeenskap en geborgenheid,” nooi Helpende Hand.
Vir meer inligting, skakel Jeanette Meiring (082 794 4608).
Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus.