MOSSELBAAI NUUS - 'n Helder flits oor die see by Mosselbaai op 18 Junie was in alle waarskynlikheid 'n meteoriet.
Dit is die mening van weervoorspeller Wayne Venter van die Suid-Afrikaanse Weerburo.
Beeldmateriaal van hierdie helder flits is deur verskeie inwoners op Mosselbaai op sosiale media gedeel.
Venter sê 'n meteoroïde of meteoroïet is 'n klein stofdeeltjie, klip of stukkie ys wat deur die ruimte beweeg.
Die sigbare pad van 'n meteoriet wat 'n planeet se atmosfeer binnedring, word 'n meteoor genoem, of 'n verskietende ster in die volksmond. Wanneer 'n meteoroïde die aarde tref, word dit 'n meteoriet genoem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'