MOSSELBAAI NUUS - Kom geniet 'n aand saam met talentvolle sangers en musikante, Riku Lätti, Jackie Lätti, Petronel Baard en Hanru Niemand op Mosselbaai.
Die geleentheid, bekend as die Die Wasgoedlyn, word by die Santos Express op Santosstrand op Vrydag, 27 September, gehou.
Kaartjies
Die koste beloop R100 per persoon en die vertoning begin om 19:00. Kaartjies kan deur Quicket bespreek word.
Die Wasgoedlyn, 'n bekende musiekbeweging van Riku Lätti, is nou ook ‘n televisiereeks op e.tv.
Verskillende musikante deel die verhoog en maak vrolik saam musiek, deel stories, en hang dus saam aan die wasgoedlyn, vandaar die naam.
Gepubliseerde skrywers
Riku en sy vrou, Jackie, is beide gepubliseerde skrywers, asook Hanru Niemand.
Gaste kan uitsien na ‘n aand van Afrikaanse, digterlike musiek vol harmonie.
Dié kunstenaars deel ‘n hegte band in die kunste. Hulle is almal interessante, talentvolle mense.
Nuwe teater
Boonop spog Santos Express met 'n nuwe teater, The Stage Coach, en is dit die ideale kuierplek op 'n Vrydagaand.
Lees meer oor Die Wasgoedlyn by: https://www.diewasgoedlyn.co.za.
Jackie Lätti
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’