Gallery
GROOT-BRAKRIVIER NUUS EN GALERY - Die Skarrelhuis in Groot-Brakrivier is onlangs tot die Hande van Hoop Skarrelhuis herdoop.
Hierdie werkverskaffingsentrum is op 3 Oktober 2022 deur middel van samewerking uit verskeie oorde begin.
Op Vrydag 9 Oktober het dié rolspelers saamgekom om die sentrum se vierde verjaarsdag te vier.
Hande van Hoop Skarrelhuis maak gebruik van ’n databasis wat werksoekers se besonderhede en vaardighede bevat. Werkgewers kan dan na die sentrum uitreik wanneer hulle werksgeleenthede het, waarna die sentrum die werkgewer en -soeker dan met mekaar in verbinding laat tree.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’