GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die Groot-Brakrivier GPF het verlede week 'n waardevolle besoek by die Groenkloof-aftreeoord in dié dorp afgêle, vir kubermisdaadbewusmaking.
Inligting rondom kubermisdaad teen seniors, en die nuutste vorme wat dit aanneem, is met die inwoners gedeel.
AO Jan Combrinck van die Oudtshoorn-polisie was die hoofspreker tydens die geleentheid. Hy het beklemtoon dat senior burgers sagte teikens vir misdadigers is en dat dit noodsaaklik vir hulle is om voortdurend ingelig te word oor die gevare van kubermisdaad. Hy sê misdadigers is genadeloos.
Kowie de Kock, die ondervoorsitter van die GPF, het 'n beroep op ander bejaardes gedoen om sulke bewusmakingsgeleenthede by te woon wanneer dit by aftreeoorde aangebied word. "Dit is baie belangrik dat seniors hierdie praatjies bywoon sodat hulle hulself teen hierdie misdade kan beskerm," sê sy.
Kowie de Kock, Jacky Carstens, Maria Griesel (Groenkloof-aftreeoord se matrone) en Elize Bester.
Jacky Carstens, die GPF-voorsitter, het die Groenkloof-bestuur en veral die matrone vir hul gasvryheid en samewerking bedank. "Die GPF en die SAPD waardeer dit opreg dat ons die geleentheid gehad het om hierdie belangrike inligting aan die seniors oor te dra."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’