GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die Groot-Brakrivier GPF het onlangs ’n uiters geslaagde fondsinsamelingsdans by De Dekke in Groot-Brak aangebied.
Die geleentheid was ’n groot sukses en was die toonbeeld van samewerking tussen die gemeenskap, plaaslike ondernemings en die polisie.
Konst. Garreth Fillies is vir sy uitmuntende diens met die Johan Muller-wisseltrofee vereer. Wyle Johan Muller was die eerste voorsitter van die Groot-Brak GPF.
Phillip Mattheus, ondervoorsitter van die Tuinroete-distrik GPF se raad, brig. Belinda Pather en Marie Muller, wyle Johan se eggenote, het die trofee oorhandig.
Jacky Carstens, voorsitter van die Groot-Brak GPF, het haar opregte dank teenoor almal wat tot die sukses van die aand bygedra het, uitgespreek, insluitende die ruim borgskappe en ondersteuning uit die gemeenskap.
“Ons gaan die fondse aanwend vir die verdere verbetering van die polisiestasie en ander projekte in die gemeendskap.”
Sy het verder belowe dat ’n soortgelyke geleentheid weer in die nuwe jaar gehou sal word, en met ’n glimlag bygevoeg: “Hou dié spasie dop!”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’