Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Solidariteit Helpende Hand van die Wes-Kaap Streek het Saterdag, 16 September, nog 'n suksesvolle befondsingsprojek geloods by die Diaz Hotel op Mosselbaai.
Hierdie keer met gassprekers, Daniël of D'Niel, soos meeste hom noem, en sy vrou, Rolene Strauss, is 'n glans egpaar en vooruitstrewende twee sakemense.
Rolene met vele titels agter haar naam soos mediese dokter, mej Suid-Afrika 2014 en mej Wêreld 2014, sakevrou, motiveringspreker en D'Niel as internasionale spreker en skrywer en waagkapitalis.
Altwee is toegewyde Christene en ouers van twee seuns is maar 'n paar van die beskrywings vir hierdie egpaar.
Solidariteit Helpende Hand student, Elizmia Lorentz, het haar storie ook met almal gedeel. Van 'n moedelose situasie tot haar suksesvolle praktyk vandag.
Die gaste was bederf met gelukkig trekkings, lootjies, heerlike ligte ete en kuiertyd saam met almal.
Sprekers vir die dag het hul dienste gratis aangebied om fondse in te samel vir Helpende Hand se studente rentevrye lenings-projek. Fondse word dan aangewend vir studente wat nie studies kan bekostig nie en eers na afstudering, rentevry die lening dan terugbetaal. Die aansoeke sluit einde September. Aansoek kan gedoen word by www.helpendehand.co.za.
Solidariteit Helpenede Hand het met die funksie ook nuwe netwerke geskep en bestaandes versterk en 32 ondersteuners het hand opgesteek om aan te sluit. Mossel Bay Advertiser het in 'n video onderhoud met Rolene en D'Niel gesels oor hul huwelik en welvaart.
Rolene het as volg geantwoord oor doelwitte in die lewe; "Ons is so geneig om verskriklik groot doelwitte vir ons self te stel sonder om dit eers af te breek in kleiner stukkies en dit dan eers te bereik. Dan voel dit egter onmoontlik om daardie doelwit te bereik."
D'Niel het verduidelik oor risiko's in entrepeneurskap. "Jy moet die waarskynlikheid van jou sukses verhoog, terwyl jy die risiko so min as moontlik probeer hou," sê D'Niel.
Oor die huwelik het beide die volgende te sê gehad. "Ons glo dat 'Maximum growth in marriage happens at the border of support and challenge', so ons verantwoordelikheid teenoor mekaar is om mekaar te ondersteun en ook uit te daag," sê Rolene.
"Die belangrikste in die huwelik is om vas te stel watter doelwitte mekaar meer ondersteun in die huwelik en watter doelwitte kompeteer met mekaar. En dan om uit te werk watter doelwitte mekaar meer kan ondersteun as wat mens teen mekaar probeer kompeteer," het D'Niel geantwoord.
As een van die gassprekers vir die dag was Rolene se boodskap aan Mosselbaaiers om te bepaal wat jou ware identiteit is. Volgens Rolene is die grootste fout wat mens kan maak om jou identiteit te koppel aan dit wat jy doen, en nie aan wie jy is nie. D'Niel se boodskap. "Die persoon moet vinniger groei as die besigheid. Baie mense besef nie dat persoonlike groei 'n belanrike aspek van besigheid is nie. Met ander woorde, hoe kan 'n persoon in hul persoonlikheid groei sodat hulle besigheid makliker groei as gevolg daarvan."
Dié twee pragtige mense met harte van goud het die dag die gehoor bekoor met hul lewensverhale en strewe na sukses en hoe hulle tewerk gegaan het om hierdie doelwitte te bereik in die huwelik en in besigheid.
VIDEO - Rolene & D'Niel Strauss inspireer by Solidariteit Helpende Hand se befondsingsprojek by Diaz Hotel:
D'Niel en Rolene Strauss
Gaste het met verwondering geluister na die gassprekers tydens Helpende Hand se funksie Saterdag, 16 September, by die Diaz Hotel. Foto: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’