MOSSELBAAI NUUS - 'n Gesin van Aslapark is in groot nood gelaat nadat hulle woning op Dinsdag, 10 September afgebrand het. Mosselbaai se brand- en rampbestuursdienste was op die toneel waar ses strukture van hout en yster aan die brand was in Sangestraat. Die voorval het omstreeks 11:00 plaasgevind.
Drie strukture is totaal in puin gelê, terwyl die ander gedeeltelik beskadig is. Niemand is tydens die voorval beseer nie.
Volgens inligting benodig die gesin mans- (mediumgrootte) en vroueklere (grootte 36), asook kinderklere vir 'n eenjarige en 'n 10-jarige meisie, asook vir twee seuns onderskeidelik 15 en 17 jaar oud.
Skenkings kan gebring word na die kantore van die Mossel Bay Advertiser, Kerkstraat 9 of kontak Susan Graaff (044 690 7156).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'