MOSSELBAAI NUUS - ACVV Kenani-dienssentrum vir ouer persone poog om effektiewe en funksionerende veroudering by persone bo 60 te ondersteun en te bevorder, sodat ouer persone so lank moontlik selfversorgend in die gemeenskap kan woon.
Die dienssentrum wil graag die gemeenskap betrokke maak by hul beplande projek om gekookte etes voor te berei en te verkoop.
Hierdie etes kan dadelik genuttig word of dit kan gevries word vir daardie noodgevalle. Dit word elke Woensdag vars voorberei en is te koop teen R45 per ete.
Bestellings moet Maandae voor 12:00 geplaas word en kan Woensdae tussen 11:00 en 12:00 by Kenani-dienssentrum, Alphastraat 7, Mosselbaai afgehaal word.
Die kantoor kan in die week tussen 08:00 en 13:00 vir navrae oor die maand se spyskaart of bestellings by 044 690 3204 gekontak word.
7 September
• Spaghetti bolognaise met soetpampoen en gemengde groente
• Viskoekies met vla-wortels en gebraaide kool
• Hoender-schnitzel met soetertjies en gegeurde rys
14 September
• Bobotie met geelrys en soetwortels
• Koolfrikadelle met ertjies en growwe groente
• Bacon-pastagebak met pampoenkoekies en roomspinasie
21 September
• Ontbeende sparerib met patatkoekie en kerriekool
• Herderspastei met roommielies en groenbone
• Lewerkoekies met brokkoli en soetwortels
28 September
• Pap en wors met stew en 'n groentekoekie en pampoen
• Hoenderkerrie met mielies/ertjies en rys
• Macaroni en kaas met pampoenkoekies en growwe groente.
Opsioneel
Bobotie of hoenderpastei (genoeg vir vier tot ses persone) - R100.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'