MOSSELBAAI NUUS - Time to Thrive, 'n plaaslike maatskappy sonder winsoogmerk, het onlangs sy eerste fondsinsamelingsprojek in die vorm van 'n 'Sip & Shop'-geleentheid by ReedValley in Herbertsdale aangebied.
Die maatskappy fokus daarop om hoop te bring deur praktiese ondersteuning met gemeenskapsprojekte en geleenthede wat 'n werklike verskil maak, veral vir kinders, gesinne en persone met gestremdhede.
Die gemeenskap het heerlik saamgekuier, plaaslike entrepreneurs ondersteun en 'n glasie wyn geniet - alles vir 'n goeie doel.
Die fondse wat ingesamel is gaan om minderbevoorregte matriekmeisies te help om hul matriekafskeid-drome waar te maak.
"Time to Thrive glo elke jong vrou verdien om spesiaal te voel en met waardigheid haar matriekjaar te kan afsluit," sê die maatskappy.
Twee regsgeleerdes het vir die vermaak gesorg: Mosselbaai se eie Nickey Stears, wat vir die eerste keer in jare weer haar verskyning op die verhoog gemaak het, en TikTok-komediant Emily de Graaff.
Time to Thrive bedank die gemeenskap vir hul ondersteuning, asook diegene wat die geleentheid moontlik gemaak het.
"Die Sip & Shop was 'n besonderse eerste stap vir Time to Thrive, maar dit is net die begin. Ons sien uit daarna om saam met die Mosselbaai-gemeenskap nog projekte aan te pak, mense te ondersteun en hoop te bring waar dit die nodigste is."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’