Breaking News
OUDTSHOORN NUUS - Die provinsiale verkeersdepartement waarsku motoriste om onder geen omstandighede die Swartbergpas te gebruik nie.
Motoriste ignoreer borde wat aandui die pas is gesluit met die gevolg dat daar tans bykans 100 voertuie op die pas is waarvan 'n hele aantal reeds vasgeval het en uitgesleep moes word.
Dit reën tans op die pas, die sneeu is min en baie hoog en die pad is baie glad.
Mense wat die verkeerstekens ignoreer sal beboet word.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo nuus'