MOSSELBAAI NUUS - Die polisie het gisteroggend ‘n klopjag by ‘n woning op Tarka uitgevoer.
'n Leser het navrae oor die voorval aan die Mossel Bay Advertiser gerig.
Die woordvoerder van die KwaNonqaba-polisiestasie, sers Kappie Kapp sê die klopjag in Sekretarisvoëlstraat is om 08:30 uitgevoer nadat die polisie 'n lasbrief ontvang het om die perseel te deursoek.
Verskeie wetstoepassers het aan die klopjag deelgeneem.
"Niemand is in hegtenis geneem nie en geen beslagleggings is gedoen nie," sê Kapp.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’