Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Verlede Sondag, 17 Mei het gelowiges in Mosselbaai en Groot-Brakrivier hulle toegelate oefentyd gebruik om standpunt in te neem vir die heropening van kerke.
Gister, het ‘n nog groter groep gelowiges die staptog onderneem, maar hierdie keer het hulle op versoek van die organiseerders swart klerasie aangehad om hulle teenstand te toon teen die heropening van skole.
Wes-Kaapse leier van Icosa, Dawid Kamfer het ook die byeenkoms bygewoon. Kamfer is ‘n geruime tyd reeds besig met ‘n veldtog rakende die veilige heropening van skole.
“Om jou kind skool toe te stuur is in orde, maar die hartseer is wanneer jou kind die virus optel, kan jy nie eers by dieselfde kind vir wie jy so lief is se bed sit nie,” meen Kamfer.
Tydens die staptog en gebedsgeleentheid het deelnemers seker gemaak dat hull binne die voorgeskrewe sosiale afstand van mekaar bly.
Fotogalery: Gebedsoptog op Mosselbaai en Groot-Brakrivier
Verlede Sondag, 17 Mei het gelowiges in Mosselbaai en Groot-Brakrivier hulle toegelate oefentyd gebruik om standpunt in te neem vir die heropening van kerke.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'