MOSSELBAAI NUUS - Die Garden Route Relay for Life vind Saterdag, 7 Maart by die D'Almeida-stadion plaas.
Hierdie deurnagstaptog is oop vir deelname en spanne van 10-15 persone kan inskryf.
Tydens hierdie byeenkoms, word kankeroorwinnaars se stryd gedenk, asook die lewens van diegene wat hulle kankerstryd verloor het. Hulde word ook gebring aan sorggewers en kankerbewusmaking word gedoen.
Hierdie fondsinsamelingsgeleentheid het ten doel om kankernavorsing en -bewusmaking te steun.
Die Garden Route Relay for Life word gehou vanaf 16:00 tot 8 Maart om 06:00.
'n Hoogtepunte gedurende die Relay is die luminaria-seremonie wanneer kerse van hoop aangesteek word om almal wat deur kanker geraak word te vereer.
Luminaria-sakkies of aangesteekte geloftekerse in papiersakke word vooraf of tydens die aflos gekoop teen R10.
Persone wat nie deel is van spanne nie word versoek om 'n donasie van R20 per volwassene en R10 per kind te betaal. Voertuie kry toegang teen R10 per voertuig ten bate van Kansa.
Verversings word by verskeie stalletjie aangebied vanaf R10 tot R25. Reg van toegang word voorbehou en alle voertuie en persone sal gevisinteer word om te verseker dat geen drank of dwelmmiddels op die perseel toegelaat word nie. Rook word ook ten strengste op die perseel afgekeur.
Vir navrae skakel: Merle Singh (082 467 4413), Michael (079 697 3272) of Julie (073 434 8291).
Kanker kies nie uit nie, daarom ondersteun oud en jonk die Kansa Relay for Life jaarliks.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'