MOSSELBAAI NUUS - Die Eden Photographic Society (EPS) se maandelikse byeenkoms het op Dinsdag, 10 Junie, in die Diaz Hotel op Mosselbaai plaasgevind.
Daar was sewe kategorieë vir fotoinskrywings, naamlik menslike portrette, landskappe, natuur, fotojoernalistiek, die ope afdeling, visuele kuns en die voorgeskrewe onderwerp - herfskleure.
Die algehele wenfoto’s vir Juniemaand was: • Senior wenner - Johan Enslin se Laaste herfsblare (voorgeskrewe onderwerp). • Junior wenner - Michael de Nobrega se Golden Sunset (ope afdeling).
Die EPS-klublede het ook sterstatusbevorderings verdien. Ingrid Louw is na vyf-ster-status bevorder en George Rautenbach en Michael de Nobrega na twee-ster-status.
Enslin se Laaste herfsblare, Gerda Fouche se Nesbou (natuur), Elaine van der Toorn se Cautious (natuur) en The Bud (ope afdeling) is met sertifikate van meriete toegeken.
Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit. Vir enige navrae kan Johan van Aarde by 084 760 0602 gekontak word. Lesers kan ook na die EPS se Facebook-blad gaan kyk - Eden Photographic Society.
Die senior wenner, Johan Enslin, se Laaste herfsblare (voorgeskrewe onderwerp).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’