MOSSELBAAI NUUS - Wanneer laas het jy 'n roomys in iemandse gesig gedruk? Of een in jóú gesig gehad?
Ons daag jou uit om hierdie vakansie die kind in jou hart minstens een keer los te laat en só iets te probeer!
'n Roomys of ander kinderlike vreugde gaan nie alle probleme oplos nie, maar dit kan alles dalk net vir 'n oomblik ligter laat voel.
So, eet 'n roomys en gee jou sussie 'n 'happie'; bou 'n sandkasteel; laat 'n golf jou onderstebo rol en lag saam as iemand vir jou lag - die opsies is oneindig.
Ons almal hier by Mossel Bay Advertiser wens jou 'n heerlike en veilige feestydperk saam met jou geliefdes toe.
Die volgende gedrukte uitgawe van die Advertiser verskyn op 9 Januarie. Die kantoor het vandag, 19 Desember, gesluit, maar intussen is ons volstoom aanlyn by www.mosselbayadvertiser.com aan die gang.
As jy iets met ons wil deel voor die volgende uitgawe verskyn, kontak ons joernaliste aan diens:
• 19 tot 27 Desember: Gabriélla Siebritz by 0728533908
• 28 Desember tot 4 Januarie: Chelsea Pieterse by 0837773578.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’