MOSSELBAAI NUUS - Elke week plaas Mossel Bay Advertiser die nuutste skolenuus van die verskeie plaaslike pre-primêr, laer- en hoërskole op die skoolblaaie van ons gedrukte uitgawe, wat elke Vrydag beskikbaar is.
Nou kan lesers ook via ons aanlyn platform op hoogte bly!
Each week, Mossel Bay Advertiser features the latest school news from the several local pre-primary, primary and high schools on the school pages of our print edition, available every Friday.
Now, readers can stay up-to-date via our online platform as well!
Ons skolenuus sluit gereeld ’n vraag van die week by ’n spesifieke skool in. En dan is daar natuurlik ook brokkies oor ons skole se kultuur-, akademie- en sportsterre.
Our school news often includes a question of the week at a specific school. And then, of course, we feature our schools’ culture, academics and sport stars.
Omdat skole oor twee weke sluit, het Mossel Bay Advertiser hierdie week vir sewe leerders van Hoërskool Garden Route gevra wat hulle die meeste van die eerste kwartaal geniet het.
Vraag van die week
Die skole sluit oor twee weke. Wat het jy van die eerste kwartaal geniet? Hier is wat Hoërskool Garden Route se leerders te sê gehad het:
MARSHLEY POKPAS:
"Ek het dit geniet om nuwe vriende te ontmoet en van my klasmaats deur die kwartaal beter te leer ken."
CHURWINÉ WELMAN:
"Ek het die verskillende geleenthede en aktiwi-teite soos sport by die skool geniet."
MOESLEEN PAMPLIN:
"Ek was nuut by die skool en het dit geniet om nuwe vriende te maak, sowel as my onderwysers. My gunstelingvak is Engels."
JOHANDRÉ LOMBAARD:
"Na 'n moeilike jaar vantevore het ek hierdie goeie eerste kwartaal geniet."
TASLYN WITBOOI:
"Ek het dit geniet om nuwe gr. 11-werk te begin en om nuwe kinders in my klas te ontmoet."
JOSE-ANN KEKANA:
"Ek het dit geniet om in 'n nuwe klas te wees en sien uit vir wat voorlê."
XOLISA NIEMAND:
"Ek het dit geniet om my nuwe onderwysers te ontmoet en was baie trots op my werk hierdie kwartaal."
Laerskool Vorentoe
Laerskool Vorentoe se Zoli-Viola Terblanche, Luka de Swardt, Janco Fourie en Rossouw de Swardt (nie op foto) het verlede Vrydag, 6 Maart, aan die Great Tennis-rooibaltoernooi in George deelgeneem. Die skool sê hulle was goeie verteenwoordigers van Vorentoe. “Ons vertrou hulle het waardevolle ondervinding opgedoen!”
Laerskool Vorentoe sê hy is trots op sy minikrieketspelers. Die o. 7- tot o. 9-spanne het Saterdag 7 Maart wedstryde by die Voorbereidingskool George gespeel en goed rekenskap van hulself gegee. Beide die o. 7- en o. 8-span het hul wedstryde gewen. Hier is die o. 7’s se Luka de Swart, Beauden Esau, Kyle Watters, Hurlon Botha, Herman Grobler en Liam Hartzenberg.
Laerskool Vorentoe-broers Willem en Daniël Barnard het die afgelope naweek aan die Eden Technifibre Mini-tennistoernooi in George deelgeneem en goeie tennis gelewer. Willem het vir homself ’n derde plek in die o. 12-Goue Groep losgeslaan. Die skool het albei hartlik gelukgewens.
Nóg ’n vraag van die week
Vanaf 3 September is Hoërskool Punt in Mosselbaai amptelik ’n selfoonvrye skool. Sy leerders mag nie gedurende skoolure (tussen registerperiode en die einde van die skooldag) selfone gebruik nie en moet dit vir veilige bewaring inhandig.
Hierdie beleid is volgens die skool ingestel om akademiese fokus te verhoog, sosiale interaksie te bevorder en geestesgesondheid te beskerm.
Die Advertiser het by die leerders gaan aanklop om te hoor hoe hulle tot dusver daaroor gevoel het:
KHANGELANI SOTSHANTSHA, GRADE 12: “As a high school learner, I’ve seen first-hand how the no-phone policy has changed our days for the better. Without constant notifications, I find myself more focused in class and more willing to actually talk to the people around me without being distracted by my phone. It’s refreshing to build real connections and realise that school feels calmer, friendlier, and more productive when phones aren’t in the way.”
DEIDRE JANSEN VAN VUUREN, GR. 10: “Ek voel positief oor Hoërskool Punt se nuwe selfoonbeleid. Ek glo dit gee aan die leerders die geleentheid om meer gefokus op hul skoolwerk te wees en om beter persoonlike interaksies met mekaar te hê. Sonder die konstante afleiding van fone kan hulle meer aandag in die klas gee en leer om gesonde verhoudings te bou.”
DIVAN VAN WYK, GR. 12: “’n Selfoonvrye skool moedig leerders aan om aktief aan besprekinge deel te neem en vrae in die klas te vra. Dit help ons om ons beste moontlike punte te behaal, omdat ons aktief betrokke is.”
XZANTE MAYO, GR. 11: “Die selfoonbeleid het ’n positiewe invloed op ons as leerders, omdat dit konsentrasie in die klas bevorder en verhoed dat kennisgewings ons aandag aftrek. Dit dwing ons om meer aktief aan lesse deel te neem en dit lei tot beter akademiese prestasie.”
MIA GERBER, GR. 11: “Die skool se selfoonbeleid moedig interaksie tussen leerders aan en help hulle omteenwoordig in die werklike lewe te bly.”
CHRISTIAN CILLIERS, GR. 11: “Ek is baie bly oor die nuwe foonbeleid, want voor die instelling daarvan was my aandag in klastyd baie afgetrek as gevolg van mense wat op hul fone was. Ná die instelling voel ek dat my akademiese vermoëns baie verbeter het en dat die algehele deelname in die klas ook verhoog het.”
Milkwood Primary School
Milkwood Primary School's U13 netball team recently competed in the exciting Langenhoven U13 Netball Tournament in Riversdale. The team showed great skill and teamwork on the courts.
Laerskool Hartenbos
Laerskool Hartenbos wens twee van sy atlete geluk wat die afgelope naweek aan die Wes-Kaapse atletiekkampioenskappe in Stellenbosch gaan deelneem het.
Lienke Karsten het ’n derde plek in die meisies o. 13 se 1 500 m stap behaal en Connor Beaven ’n derde plek in die seuns o.13 se spiesgooi. Hierdie twee atlete is in die Wes-Kaapse atletiekspan opgeneem, wat op 20 en 21 Maart by die Groenpunt stadion in Kaapstad gaan deelneem.
Erika Primary School
Erika Primary's Ainslin Kiewiet was recently selected for the U11 SWD Badgers cricket team, which participated in the U11 cricket tournament in Oudtshoorn from 6 to 8 March.
Laerskool Park
Tydens 'n speletjies- en atletiekdag wat onlangs by Laerskool Park gehou is, het Park se Pikkewouters saam met sewe ander skole aan 'n toutrekkompetisie deelgeneem.
Die Pikkewouters is leerders in gr. R, RR en RRR.
Laerskool Park se Pikkewouters, Marko Slabbert, Lé-Acem September, Ruben Beetge, Kaleb Thieroff, Francois van Niekerk en Hogan Bitzer, tydens die toutrek.
Want to share your school news with us?/Wil jy jou skolenuus met ons deel?
Contact our editorial team/Kontak ons redaksiespan:
• [email protected] / 072 599 8533
• [email protected] / 083 777 3578
• [email protected] / 072 729 7121
• [email protected] / 072 853 3908.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’