MOSSELBAAI NUUS - Die afgelope week het die watervlakke van die meeste damme in die Mosselbaai-streek gestyg.
Die Ernest Robertsondam se vlak het van 97,81% tot 100,95% gestyg. Die Klipheuweldam se vlak het met 5,47% gestyg.
Die twee belangrikste damme vir water in die Mosselbaai-streek, die Wolwedansdam en Ernest Robertson, se vlakke vertoon goed in ooreenstemming met verlede jaar.
Die Hartbeeskuildam se vlak het effens laer vertoon.
Die huidige stand van die damvlakke is:
16 April
Ernest Robertsondam - 100,95%
19 April
Hartbeeskuildam – 77,47%
22 April
Klipheuweldam – 36,19%
Wolwedansdam – 100,05%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’