Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Punt-karavaanpark het op Saterdag, 10 September hulle eerste Lente kampeer- en buitelewe-opedag gehou. Die publiek kon gratis toegang verkry tussen 09:00 en 15:00 om deur die park te stap, stalletjies te besoek en verskeie uitstallings te besigtig.
Die Lente-opedag was vir kampeer-entoesiaste 'n unieke geleentheid om kampeer- en buitelewe-toerusting te besigtig.
Met uitstal-staanplekke wat vanaf 09:00 op Saterdag, 10 September tot en met 15:00 op Sondag, 11 September beskikbaar was, kon ongebruikte en gebruikte kamp- en buitelewe-toerusting vanaf jou eie staanplek ook verkoop word.
Vyf vanotels was ook beskikbaar. Dit is 'n gerestoureerde karavaan wat gehuur kan word en waar jy spanningsvry kan kampeer, omdat alles wat jy nodig het, behalwe kos en beddegoed, reeds in die karavaan is.
Verskeie besighede wat in kampeertoerusting spesialiseer, het ook hulle produkte uitgestal. Die geleentheid gaan voortaan baie gewild word met die karavaanpark wat alles in en om die kampeerterrein aanbied.
VIDEO - Die eerste Lente kampeer- en buitelwe-opedag gehou (Video: Jannie du Plessis, Mossel Bay Advertiser).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'