MOSSELBAAI NUUS - Lyndansers van JK Line Dance het 'n huldeblyk aan Tina Turner gebring na haar afsterwe.
Die Hartenbos Seefront het op treffers van Tina Turner gekook.
Die dansers het twee lyndanse, "Simply the best, Baby" (beginner-lyndans) en "Simply the best" (gevorderde lyndans), wat spesiaal deur Janine Kilian van JK Line Dance gechoreografeer is, op een van Tina Turner se bekendste treffers, 'n herinnering van "Simply the best", gedans.
Die lyndansers het hulde aan Tina Turner gebring deur ook te dans op verskeie ander treffers soos "Nutbush City Limits, Break every rule, What you get is what you see, Better be good to me" en "It takes two". In Maart 2022 het 'n groep lyndansers, onder leiding van Janine Kilian, in die Reebok-gemeenskapsaal begin dans.
Tans word daar Maandae en Donderdae klasse in die kuns van lyndanse aangebied. Van ultra-beginner tot gevorderd word dié klasse aangebied.
Op 12 Mei vanjaar is die JK Line Dance groep amptelik gestig by 'n bekendstellingsfunksie by Brinkleys River Village op Klein-Brakrivier.
Dansers van JK Line Dance het ook onlangs by die Groot-Brakrivier kabaretvertoning hul beste voet voorgesit toe hulle by De Dekke, Groot Brak, opgetree het. Nog baie opvoerings in die omgewing word beplan. Uitreikaksies by aftree-oorde om die bejaardes 'n bietjie vermaak te bied, is alles deel van hul toekomsplanne.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’