Gallery
DANABAAI NUUS - Daar is tans ’n veldbrand naby die Danabaai-ingang vanaf Louis Fourieweg wat rook in die area veroorsaak en die sluiting van die ingang genoodsaak het.
Mosselbaai brand-, redding- en rampbestuurdienste is op die toneel, asook nooddienste.
Die Mosselbaai-munisipaliteit se verkeersbeamptes sal verkeer reguleer soos nodig.
“Die nooduitgang vanuit Danabaai, aan die ander kant van Floraweg is vir padgebruikers beskikbaar,” sê die munisipaliteit. Hy het ook padgebruikers gemaan om geduldig te wees.
OPVOLG @ 13:40
Danabaai-buurtwag se voorsitter, Otto Ploog, het bevestig die ingang vanaf Louis Fourie na Danabaai is gesluit.
Volgens die Danabaai-buurtwag is die huidige ingang vanaf Danabaai aan die einde van Floraweg. Die ingang na Danabaai vanaf die N2 is oorkant die Herbertsdale-afrit.
Die buurtwag sê daar is tans geen gevaar van skade aan inwoners of winkels se infrastruktuur nie.
OPVOLG @ 13:48
Die munisipaliteit sê die brand versprei tans in ’n westelike rigting vanaf Floraweg, aangewaai deur die wind in digte plantegroei.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’