MOSSELBAAI NUUS - Kansa Suid-Kaap Karoo, spesifiek die Mosselbaai-area is bevoorreg om die bekende nasionale projek, Cuppa For Cansa by die pas geopende PizaeVino in samewerking met die Hartenbos Seefront, aan te bied.
Die Hartenbos Seefront Cuppa For Cansa vind op Woensdag, 23 Augustus om 10:00 plaas. Dit is die ideale geleentheid vir vriende om saam te kuier. Vir pensioenarisse, bied dit ook 'n heerlike uitstappie en mans, van alle ouderdomme is ewenwel welkom om die geleentheid by te woon.
Wat hierdie Cuppa For Cansa so spesiaal maak, is dat die eetdingetjie wat bykom vanjaar so bietjie iets anders is. Wie kry nou aldag die geleentheid om 'n Cuppa For Cansa by te woon met Italiaanse flair? Hoe klink 'n keuse van melanzane parmigiani (gebakte eiervrug met napolitanasous, vars basieliekrui, mozzarella en parmesankaas, of tradisionele lasagne of 'n Sesame Straatslaai (smullekker sesamesaad-hoenderborsies met babaspinasie en fetakaas, gevulde soetrissies en 'n interessante sitruskombinasie)? Die porsies word bietjie aangepas word en natuurlik is daar koffie en tee ook ter sprake.
"Waar daar 'n Cuppa is, is daar hoop," meen Lucinda Viljoen van Kansa. "Geniet 'n saamweesgeleentheid waar eer gebring word aan diegene wat die stryd verloor het. Dis 'n saamkuiergeleentheid, in die gees van die stryd teen kanker." Kaartjieskoste beloop R100 per persoon en sluit die ete, 'n gaskunstenaar en gasspreker in. Vir meer inligting en kaartjies, skakel Adrie (076 042 5104) of stuur e-pos na adrie@hartenbos-seefront.co.za of kontak Lucinda (082 663 3529) of stuur e-pos na lucinda@cansa.org.za
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'