MOSSELBAAI NUUS - Midbrak-buurtwag het op 4 September hul sewende algemene jaarvergadering by die Reebok-gemeenskapsaal gehou.
Van die suksesse wat toegelig is, is die afname in inbrake in die area weens die deurlopende veiligheidsinteraksies deur gereelde patrollies.
"Die sukses van elke buurtwag is opgesluit in die betrokkenheid van inwoners en die gemeenskap wat hulle bedien. Bure moet omgee vir mekaar en as die oë en ore vir die wetstoepassers optree," sê raadslid Anton Dellemijn, ambassadeur van die Midbrak-buurtwag.
Die voorsitter van die Groot-Brakrivier-buurtwag, Johan Muller, het die Midbrak-buurtwag se AJV bygewoon en is geloof vir sy groot bydrae in die goeie werk wat daar verrig word.
Daan Smith, sektor-voorsitter van 19 buurtwagte het die groot rol wat Midbrak-buurtwag verrig in die bekamping van misdaad, benadruk.
"Elke inwoner word gemaan om sy eiendom gereeld na te gaan en verantwoordelikheid te neem vir eie veiligheid."
Anton Dellemijn, links agter, die ambassadeur van die Midbrak-buurtwag saam met Jacques Radley, en Kobus Goosen. Voor is raadlid Annatjie J van Rensburg, links, van wyk vier saam met Matheus Wessels, Lucia du Plessis, Frikkie Rheeder (voorsitter), Jorrie Jordaan (ondervoorsitter) en dr Awie Swanepoel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'