Update
GEORGE NUUS - Die Bridgton-rugbyklub is vanaand, 28 Augustus, met ’n boete van R100 000 gestraf nadat die klub aan die aanklagte teen hom skuldig bevind is.
Die klub het vier aanklagte in die gesig gestaar, waaronder die verontagsaming van die unie se reëls en regulasies, asook die versuim om orde by wedstryde te handhaaf.
Sowat R60 000 van die boete is opgeskort, terwyl die oorblywende R40 000 betaal moet word voordat die klub weer enige wedstryde mag speel.
George Herald het verneem dat die boete in twee paaiemente van R20 000 elk betaal sal word.
Die straf volg nadat Bridgton en die SWD-rugbyunie ’n pleit- en vonnisooreenkoms bereik het. Die aanklag spruit uit ’n voorval op 16 Augustus, toe ’n 19-jarige skeidsregter ná afloop van die wedstryd tussen Bridgton en Evergreens deur woedende toeskouers aangerand is.
Die rugbygemeenskap het met groot afwagting op die dissiplinêre komitee se uitspraak gewag.
Baie het verwag dat getuies sou kom getuig het en dat die tugverhoor tot laatnag sou duur, maar die skikking tussen die klub en die unie het dié proses verkort.
Dis goeie nuus vir die Top 8 Superliga-kompetisie, wat tans in volle swang is. Vertragings sou ’n groot invloed kon hê op die verloop van die reeks, waarin daar nog net twee ligawedstryde oorbly.
Die halfeindrondtes is vir 13 September geskeduleer en die groot eindstryd vir 20 September.
Brinkhuis en Manie staan eers terug
Intussen wag die plaaslike rugbygemeenskap ook op die dissiplinêre komitee se bevindinge rakende klagtes teen die SWD-president, Ben Brinkhuis, en die hoof- uitvoerende beampte, Veda Manie.
Bridgton se voorsitter, Leezl Wilkens, het dié twee vroeër die maand daarvan beskuldig dat hulle by die aanstelling van ’n skeidsregter vir hul ligawedstryd op 3 Augustus ingemeng het. ’n Besluit hieroor word môremiddag verwag.
Gerugte dat die twee topbestuurslede gisteraand, 27 Augustus, geskors is, is vandag deur verskeie bronne ontken.
George Herald het egter vasgestel dat beide tydelik vrywillig van alle klubsake terugstaan totdat die ondersoek van die beweerde inmenging afgehandel is.
Gaan skeidsregters blaas die naweek?
Byna al die skeidsregters in die streek het intussen gewaarsku dat hulle nie die komende naweek enige wedstryde sal blaas indien die SWD nie ’n sterk boodskap uitstuur teen die mishandeling van blasers nie.
“Ons het vir ons voorsitter, Gavin Esau, die mandaat gegee om aan die unie dit duidelik te maak dat ons nie gaan blaas as ons veiligheid nie topprioriteit is nie.
"Ons het genoeg gehad van die abuse. Die DK het Brak ’n belaglike boete opgelê. Die skeidsregter is met ’n glas gegooi wat hom in die maag getref het en op die grond stukkend gespat het,” het een van die plaaslike skeidsregters, wat anoniem wil bly, gesê.
Groot-Brakrivier is in hul tugverhoor verlede week op twee aanklagte skuldig bevind vir die glasgooi-insident en boetes van R4 000 en R2 000 opgelê, waarvan R3 000 opgeskort is.
Lees 'n media verklaring wat Bridgton-rugbyklub sopas uitgereik het hieronder:
MEDIA STATEMENT: Issued by Bridgton RFC Chairperson, Ms. Leezl Wilkens
As you are aware, an incident occurred on Saturday, 16 August 2025, during the fixture between Bridgton RFC and Evergreens RFC. Following this, our club laid an official dispute regarding the match officiating, supported by video clips. We are still awaiting formal feedback on this matter.
Subsequent to the incident, Bridgton RFC faced four charges. As a club, we decided to plead guilty on charge 1 and 4. While we firmly believe that we had valid grounds to contest this matter until the very end, we also recognize the broader impact of the incident.
It is, however, deeply unfair to our players - who have worked tirelessly - to be kept away from the game they love so dearly. It is equally unfair to our loyal supporters and our community, who are being deprived of the joy of watching their loved ones play rugby.
I would like to take this moment to urge all our supporters: even in the most difficult situations, nothing ever justifies threatening or harming another person. We plead with you to always act in the best interests of our beloved club and our players.
It is important to note that the individuals depicted in widely shared videos have not been identified as members of Bridgton RFC. Nevertheless, we remain committed to identifying them and will ensure that they are banned for life from attending any
Bridgton RFC matches or events. As a club, we have chosen to accept responsibility for their actions, despite them not being directly associated with us.
We also make a sincere plea to our supporters to assist us in settling this enormous fine, which amounts to R40 000. This penalty places a heavy financial burden on the club and directly affects the funds used to cover player match fees for away games.
Our players, who are blameless in this matter, do not deserve to suffer the consequences.
Finally, I would like to personally and unreservedly apologize to Referee K. Gertse for the trauma he endured during this incident. Bridgton RFC stands firmly against referee abuse. Such behavior has never been a part of our home grounds, where referees have always been treated with the utmost respect.
Let us, as a community, continue to show pride in our club by rejecting unsporting behavior and standing together to uphold the spirit of rugby.
We look forward to our next two fixture, this weekend Heidelberg and next weekend Grootbrakrivier.
Leezl Wilkens
Chairperson
Bridgton RFC
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’