GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die Groot-Brakrivier-polisie het inwoners van die Wolwedans- en Tergniet-omgewing gewaarsku oor ’n toename in inbrake daar.
Die stasiebevelvoerder, kapt. Francois Henzen, sê die inwoners moet hul deure sluit en vensters toemaak, veral as daar waardevolle items soos skootrekenaars sigbaar of byderhand is.
Henzen sê die polise het onlangs gedurende die oggendure meer beweging in hierdie gebiede opgemerk.
Inwoners kan ook by hul plaaslike buurtwagte aansluit om deel te neem aan patrollies of om op ander maniere betrokke te raak.
Vir die Midbrak-buurtwag, skakel die voorsitter, Magda Opperman, by 079 524 8898.
Om by die Community in Blue betrokke te raak, skakel die Groot-Brak-polisie by 044 620 8304/5 of Groot-Brak GPF se voorsitter, Jacky Carstens, by 063 162 9345.
Om by enige ander veiligheidsinisiatiewe in die Wolwedans-gebied betrokke te raak, skakel die stasie of sers. Lauriane Botha by 073 551 7358.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’