MOSSELBAAI NUUS - André van Eck, 'n voor-malige student van kitaars-peler en inwoner van Mos-selbaai, Leon Barnard, het onlangs die boek, From Beginner to Excelling at Guitar & Bass gepubliseer.
In dié boek, deel Van Eck die kitaarkennis wat hy by leermeester en mentor, Barnard opgedoen het.
Met hierdie kennis bied Van Eck nou lesse aan en hoop om die volgende generasie kitaarspelers te inspireer, net soos Barnard hom geïnspireer het.
In die inleiding tot die boek, vertel hy van sy tyd as kitaarstudent. Hy vertel ook die verhaal van Barnard se orkes, The Silence, wat in die sestigs en sewentigs op nasionale vlak in Suid-Afrika naamgemaak het.
Blackie Swart en André van Eck by die 2024 Dolfynfees.
Van Eck het verlede No-vember tydens twee geleent-hede as baskitaarspeler saam met die sangeres Anja op Hartenbos opgetree. Een vertoning was in Laerskool Hartenbos se skoolsaal en die ander by die 2024 Dolfynfees waar hulle voor Blackie Swart opgetree.
Van Eck het ook voorheen saam met sy mentor opgetree by een van die konserte dié se musiekskool, Unique Musik. Hier was Barnard op die kitaar en Van Eck op die baskitaar.
As die kitaarspeler vir die rockgroep, Jack n Jill, het van Eck ook as lid van dié groep in 'n onderhoud op die webwerf van die Amerikaanse musiektydskrif, Spin, verskyn.
Van Eck het ook al voorheen as kitaarspeler by die KKNK opgetree.
From Beginner to Excelling at Guitar & Bass is in e-boekformaat op Amazon beskikbaar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’