MOSSELBAAI NUUS - 'n Groot polisiesoektog in samewerking met die Diaz Buurtwag is tans aan die gang na onbevestigde berigte ontvang is dat twee vroue wat gaan stap het, in Karveelsingel aangeval en beroof is.
Die polisie handhaaf 'n groot teenwoordigheid en lede van die K9-honde-eenheid is ook tans op die toneel ontplooi. Die polisie het volgens waarneming 'n kordon om die area gevorm.
Die twee vroue is volgens beweringe met 'n skerp voorwerp, vermoedelik 'n mes aangeval.
Dit is tans onduidelik of die verdagtes daarin geslaag het om enigiets te roof en daar is geen bevestiging dat enigiemand in die proses seergekry het nie.
Polisiewoordvoerder ao Pieter Koekemoer het bevestig dat geen amptelike saak tot nog toe geopen is nie, hoewel die polisie om 18:30 ingelig is van beweringe van 'n gewapende roof en onmiddellik polisielede na die area ontplooi het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'