HERBERTSDALE NUUS - Tanya Bothma is met 'n longkwaal gebore en het voortdurend met haar gesondheid gesukkel. As tiener het sy nét soveel tyd in hospitale as by haar ouerhuis deurgebring.
Sy praat met lof oor ongelooflike dokters en haar ondersteunende familie wat haar deur baie moeilike jare en krisisse deurgedra het.
Sy is getroud en na 'n baie moeilike swangerskap is haar dogtertjie gebore.
Op hierdie stadium het haar longe so verswak dat sy slegs 14% longkapasiteit oor gehad het.
Op 11 Desember 2017 word sy Afrika se eerste ontvanger van 'n dubbele longoorplanting in Groote Schuur Hospitaal, Kaapstad.
Tanya deel haar ongelooflike verhaal as gasspreker by die VLV Herbertsdale op 28 Mei.
"Sy deel haar stryd om asem te haal. Dit is iets wat meeste van ons sommer net as vanselfsprekend aanvaar.
"Sy sal jou motiveer, inspireer en laat oorloop van dankbaarheid," berig die organiseerders.
Die geleentheid vind plaas om 10:00 in die NG-Kerksaal, Herbertsdale.
Besprekings kan gedoen word by Heila Bothma teen R100 per persoon. Kontak Heila by 084 232 5073 of stuur e-pos na imbali123@gmail.com
'Ons bring jou die nuutste Herbertsdale, Tuinroete nuus'